Signed, Sealed,
Dercksened

Program

Program

18 – 20 September 2026

Dit was ons groot droom om op ’n plaas in die Karoo te trou, maar die Karoo en plaaslewe is onvoorspelbaar en enigiets kan gebeur! Wees dus voorbereid op kragonderbrekings, sonskyn óf dalk sneeu op die berge, stof, reën, wind, poue en selfs ’n paar skape in die pad. Maar verwag ook Karoo-hartlikheid, geselligheid, samesyn, knetterende vure, lekker lag, lekker mense en lekker boerekos. Ons is ongelooflik opgewonde om saam met jul fees te vier.

Vrydagaand 18 September

Welkom in die Karoo!

  1. 17h45

    Samesyn

    Kom val in wanneer jy kan en kuier saam op die stoep by ontvangs.

  2. 19h30

    Verwelkoming

    Tyd om amptelik te groet en julle kortliks te vertel wat om te verwag.

  3. Kos & drank

    Kuierkos & drankies

    Informele kuierkos, bier, wyn en ys sal deur die loop van die aand beskikbaar wees. Indien jy enigiets sterker, soeter of met meer borrels verkies, bring dit gerus saam. Bootlegger koffie, water en koeldrank sal te koop wees.

  4. Kleredrag

    “Something Blue”

    Subtiel of uitspattig, die besluit is joune.

Saterdagoggend 19 September

Jou oggend, jou pas

Daar is lekker stap-, draf-, fietsry- en vierwielmotorfietsroetes om te geniet. Jy kan ook ’n paar veerpyltjies gooi, en kom deelneem aan die “Closest to the Pin” kompetisie — of slaap ’n bietjie later.

  1. 8h00 – 12h00

    Koffie & Kie

    Cappuccino’s, chai latte, hot chocolate en meer beskikbaar by die koffiekaravaan langs Vrydagaand se kuierstoep.

  2. 10h30 – 12h30

    Build a Burger

    Kom help jouself met ’n lekker hamburger en chips op die stoep by ontvangs.

  3. Oggend

    “Closest to the Pin”

    Bring jou eie stokke en balle en kom wys wat in jou steek. Daar is meer as net eer op die spel! Net twee stokke toelaatbaar — afstand tussen 60 en 80 meter — choose wisely.

Saterdagaand 19 September

Die Groot Viering

  1. 14h20

    Stap na die Rockpool

    Die Rockpool, waar die seremonie plaasvind, is ongeveer 800 m se stap met ’n plaaspad langs. Water halfpad sal sorg vir die dors en moraal. Beperkte vervoer is beskikbaar vir die oueres van dae en enigiemand anders wat dit nodig het. Onthou jou fur, vellies en sonbril. As die son sak, raak dit BAIE vinnig koud.

  2. 15h00

    Die seremonie

    Neem asb. 14h50 jou sitplek in vir die groot geleentheid.

  3. 15h45

    Kuier, canapés en drankies

  4. 16h30

    Terug vir die onthaal

    Volg die aanwysings na die onthaal.

  5. 18h00

    Die onthaal

    Dit is tyd vir feesvier. Van hier af is julle in die bekwame hande van Ben, ons seremoniemeester.

Sondagoggend 20 September

Totsiens

  1. Oggend

    Vertrek

    Alle goeie dinge kom tot ’n einde. Baie dankie dat jul saam met ons kom feesvier en jul beste gegee het. Dit was ’n ongelooflike voorreg.

Wat om aan te trek

Kleredrag

Formeel.

Mans

Pak en das. Formele skoene word afgeraai — vellies is ’n móét. Vat ’n jas vir later.

Dames

Lang of enkellengte rokke/broeke met fur (eg of vals — ons vra nie uit nie). Vellies/sneakers word sterk aangeraai.

  • Sonbrille met flair word sterk aangemoedig.

  • Hou in gedagte dat die Karoo in September wintersweer kan bring.

Voor jy kom

Goed om te weet

  • By aankoms

    Meld asb. by ontvangs aan. Hulle sal jou na jou kamer verwys.

  • Snoepie

    ’n Klein winkel op die terrein het basiese benodigdhede soos hout, lighters, water en snacks.

  • Vrae

    Vir enige vrae op die dag, kontak asb. vir Helena op 064 906 9449.

Waar

Die plek

Karoo 1 Hotel Village

N1-R318, De Doorns, Touws River · Wes-Kaap